Die Begin van alles

My man het `n g** guur gehad in November 2011 en vir my gese dat teen Mei 2012 gaan ons in Australia wees. Ek het maar net gedink dit is een van daardie dinge van hom. Maar op 29 April 2012 was daar groot krokkedil trane by OR Tambo lughawe, want dit was nie meer net n g** guur nie maar die werklikheid want ons het SAA vlug 280 na Australia "ge-board" om die Avontuur na die onbekende Down Under te begin. My Blog wat hier volg is om ons adventures aan almal uit te bluik en sodat die familie en vriende in Suid-Afrika kan sien wast ons alles aanvang, want wanneer ons wakker en besig is met onse avonture Down Under is hulle almal in klasfakie land.

Wednesday 15 May 2013

                                             HOBART

My wonderlike man het ons Hobart toe gevat vir n vakansie dit is in Tazmania is n gedeelte van Australia. Ons was daar vir amper n week saam met wonderlike vriende.

Ons vriende wat in Perth bly Ida en Jacques swannepoel het vir ons by die lughawe gewag. Ons het makaar seker n jaar laas gesien. Ons het alles gaan besigtig wat mooi is in Hobart. Baie museums gaan besoek, lekker vis en chips geeet.

Die kuier was net te kort gewees. Ons was op met mount wellington die wind het 130 kmph gewaai dit was baie snaaks om die mense skuins te sien loop na hulle karre toe. Ek en wes het die wind aangepak arm om arm na die uitkyk punt toe geloop. Wes het n paar pragtige fotos geneem, mens kon die hele Hobart en die eilande mooi sien.






No comments:

Post a Comment