Die Begin van alles

My man het `n g** guur gehad in November 2011 en vir my gese dat teen Mei 2012 gaan ons in Australia wees. Ek het maar net gedink dit is een van daardie dinge van hom. Maar op 29 April 2012 was daar groot krokkedil trane by OR Tambo lughawe, want dit was nie meer net n g** guur nie maar die werklikheid want ons het SAA vlug 280 na Australia "ge-board" om die Avontuur na die onbekende Down Under te begin. My Blog wat hier volg is om ons adventures aan almal uit te bluik en sodat die familie en vriende in Suid-Afrika kan sien wast ons alles aanvang, want wanneer ons wakker en besig is met onse avonture Down Under is hulle almal in klasfakie land.

Wednesday 15 May 2013



                                                          EEN JAAR HERDENKING

sjoe mense ons is al een jaar hier in Australia, so baie dinge het al in die een jaar gebeur dis net nie snaaks nie.

Ons was 6 maande hier in oz toe is die verlange te groot !!Wessie het vir my en seun op die vliegtuig terug Suid-Afrika toe gesit. Moet se my senuwees was op, ons was op die vliegtuig van Canberra-Sydney-Suid-afrika toe gewees. Seun was die hele pad so soet hy was eintlik my super held gewees.

Ek moet se om te weet mens se ouers wag vir mens by die lughawe is nogals lekker!! Daai lekker stuiwe druk en vet soen wat ons gekry het was die lekkerste gewees. Oupa pierre en Ouma elsabe het vir seun lekker bederf om elke hoek en draai.

Ons was van die 21 nov 2012 tot 4 feb 2013 by my ouers op die plaas gewees, wes het eer 20 des 2012 oorgekom suid-afrika toe. Ons het heerlik by al die famielie gekuier. Ek dink ons het vir 5 aande agter mekaar gebraai .

Ons wil weereens net baie dankie se vir my wonderlike niggie Olivia en vir swarrie baie dankie dat julle julle huis vir ons oopgemaak het. Ons het lekker gekuier sal graag weer wil kom kuier.

Wessie se 3 weke kuier in Suid-Afrika was soos n warrelwind gewees, ons was van polokwane na die kaap alles in een dag. ons het by salome gaan kuier dit is nou wes se sissie onder in die kaap.

Pappa moes ongelukkig weer vroeg huis toe kom seun was glad nie n happy chappy nie!! Ek en hy het vir my ouma bets ook gaan kuier vir n langnaweek moet se dit het amper gevoel soos toe ek kind was.


Die oorspronklike beplanning was om te bly tot na ouma elsabe se verjaarsdag maar die verlange na my gorgeous was weereens te groot en seun het elke aand gehuil vir sy papa, so wat moes eke doen??   Ek bel toe vir wes en vra hy moet ons vlugte terug huis toe vroer maak.


Ouma en oupa het dit heeltemal verstaan en ek is dankbaar daarvoor. ons is toe op die eerste vlugte terug na Australia toe. ek wou huis toe!! en my huis is waar my hart is . Dit was weer baai se tyd en dit was maar baie moeilik gewees, die trane wat so onder die oe sit moes ek maar goed wegsteek sodat ek my kop kan bymekaar hou.

Daar was nie diekeer n wessie waaraan ekke kon vashou nie ek moes self al die lughekke soek so ekke moes sterk wees. Wessie het vir my en seun by die lughawe gewag met die grootste glimlag wat mens ooit kan aan dink.


Seun het aan sy pappa se arms geklou soos .... aan n wol kombers. trane in die oe maar ons almal was so baie bly on mekaar te sien. Ons kuier was weerlik en ek sal weer kom kuier.


Ons sal maar van Skype moet gebruik maak om ons famielie en friende te sien.







No comments:

Post a Comment