Die Begin van alles

My man het `n g** guur gehad in November 2011 en vir my gese dat teen Mei 2012 gaan ons in Australia wees. Ek het maar net gedink dit is een van daardie dinge van hom. Maar op 29 April 2012 was daar groot krokkedil trane by OR Tambo lughawe, want dit was nie meer net n g** guur nie maar die werklikheid want ons het SAA vlug 280 na Australia "ge-board" om die Avontuur na die onbekende Down Under te begin. My Blog wat hier volg is om ons adventures aan almal uit te bluik en sodat die familie en vriende in Suid-Afrika kan sien wast ons alles aanvang, want wanneer ons wakker en besig is met onse avonture Down Under is hulle almal in klasfakie land.

Wednesday 15 May 2013

                   


                                      Maaitjies

Ek het n paar goeie maaitjies gemaak in die kort tyd wat ons hier is. Ek dank die HERE elke dag vir hulle. Ek en seun was vandag weer by Clara gewees sy het 3 kindertjies een seuntjie sy naam is evan hy is amper 3. Seun en evan is goeie maats vet pelle. N dogterjie Annika sy is 5 en Zelda is 18 maande.

Sy is ook Afrikaans so ons kan lekker kuier en skinder van al die dinge wat ons pla so lekker in ons eie taal. Maandae is daar speelgroeppie by Melba shops so ons kap n ding vlou elke maandag, die speelgroep is vir die mammas en die pappas om met groot mense te praat die kinders moet speel en baljaar.









Ek het nog n maaitjie haar naam is Dallas Cronwrite sy is n trotse moeder van n 3ling. Die dae wat ek dink ek gaan mal raak met Jaen-pierre  dink ek net aan haar en dan besef ekke ek het niks om oor te kla nie.

Ons 2 is goeie fietsry maaitjies, party dae ry ons so 25 km op die fietse. Ons verken die dorp om elke hoek en draai. Sy het my nou die dag deur 2 natuur reservate gevat en alles was opdraande !!! oe ee madam het ekke naderhand vir haar gese.

Ons het al ons eerste fiets wetren saam gedoen, 20 km ver om lake burlay griffen. Hoop maar die spelling is reg mense. Hier is n paar snaakse name van plekke mens moet maar mooi luister na die uitspraak voor mens dit self reg kry.







Dit is nou Jordan is die spiderman, Luke is bateman en Roxane is die prinsessie. Ons geniet die Vryheid om in die parke te kan rondry sonder om te warrie wie gaan ons nou aanval. Mense is vriendelik en bedagsaam teenoor mekaar.

Ek mis my ouers elke dag en ek mis vir Esta ook elke dag maar die lewe gaan aan die son skyn more net so hard soos vandag. My man en my kind het my lief so eke is n baie gelukkige mens hier waar ek is.

Ek sal harder prober om die blog om datum te hou vir julle.














No comments:

Post a Comment