Die Begin van alles

My man het `n g** guur gehad in November 2011 en vir my gese dat teen Mei 2012 gaan ons in Australia wees. Ek het maar net gedink dit is een van daardie dinge van hom. Maar op 29 April 2012 was daar groot krokkedil trane by OR Tambo lughawe, want dit was nie meer net n g** guur nie maar die werklikheid want ons het SAA vlug 280 na Australia "ge-board" om die Avontuur na die onbekende Down Under te begin. My Blog wat hier volg is om ons adventures aan almal uit te bluik en sodat die familie en vriende in Suid-Afrika kan sien wast ons alles aanvang, want wanneer ons wakker en besig is met onse avonture Down Under is hulle almal in klasfakie land.

Wednesday 16 May 2012

Ons Vlug na Down Under

Jaen-pierre in die Lounge
Nadat R241/kg x 9kg = R2169 excess baggage moes betaal (maar dit was veronderstel gewees om $10/kg te wees) en groot krokkidil trane gevloei het waar ons almal gegroet het.

Ons was baie gelukkig dat ons `n rus tyd in die Bidvest Premier lounge kon deur bring, waar Jaen-pierre sy stories kon kyk en ons `n doppie kon drink om die nerves te kalmeer.




Jaen-pierre kyk sy stories op die "airie"
Jaen-pierre was `n engel op die vlug en na `n baie lang vlug vanaf Johannesburg na Perth het ons veilig op Perth geland. Ons het so 22:00 in S.A vertrek en 13:30 geland in Perth ons het weer so 16:30 vertrek vanaf Perth en weer 22:00 geland in Canberra geland, so tegnies was ons 24 uur in transport.

All die kangoroo "airies"









Let wel mense, ek het eerste Australia gesien want Andre se mos hy sien mos alles eerste.

Die vlug was heel aangenaam gewees, mense was vriendelik en baie behulpsaam.  Kyk die trane het wild gevloei so nou en dan op die "airie" maar dit is als vir 'n beter of 'n groter doel in die lewe.  

Pa en seun wag om die plane te bord na Canberra
  Die landing in Perth was sommer heel lekker gewees, na die lang vlug.

Die dinge het vinnig deur customs gegaan. Ons wou nog oe knip toe is dit verby. Maak net die mond oop en se wat jy als saambring!! Natuurlik het die sjarmante Jaen-pierre dit vir ons vergemaklik deurdat hy die Customs tannie charm en haar dag maak om vir haar `n soentjie (of was dit nou `n SOEN) en `n drukkie te gee.
Dit het soos TV (Aussie Border control) gevoel by die Perth Domestic departures want hulle het Andre ondersoek vir springstof, gelukkig voor my en net met `n toestel.

 
 

Perth uit die lug

Onse HEMELSE VADER sou dit nie oor ons pad gesit het as dit nie so moes gewees  het nie. Ons dank die VADER elke dag dat hy ons so geseen het.


Kyk net hoe mooi
 


Die views uit die plane by Perth was wonderlik.




















No comments:

Post a Comment