Die Begin van alles

My man het `n g** guur gehad in November 2011 en vir my gese dat teen Mei 2012 gaan ons in Australia wees. Ek het maar net gedink dit is een van daardie dinge van hom. Maar op 29 April 2012 was daar groot krokkedil trane by OR Tambo lughawe, want dit was nie meer net n g** guur nie maar die werklikheid want ons het SAA vlug 280 na Australia "ge-board" om die Avontuur na die onbekende Down Under te begin. My Blog wat hier volg is om ons adventures aan almal uit te bluik en sodat die familie en vriende in Suid-Afrika kan sien wast ons alles aanvang, want wanneer ons wakker en besig is met onse avonture Down Under is hulle almal in klasfakie land.

Tuesday 17 July 2012

Alles val nou mooi in plek

Ons het gaan kyk na 6 huise oor die verloop van die naweek. Ons het van 3 huise gehou en ons aansoekke is ingevul en verwerk. Ek het vir Wessie gese ekke sal opoffer op die huis solank daar meer speelplek is buite vir Jaen-pierre.
Alles het so vining gebeur, ons moet kar kry en huis kry en ons self ook nog vind in hierdie vreemde plek. Ons was baie gelukkig gewees soos die week langer word hoor ons net goeie nuus, ons is goedgekeur op al 3 wonings. Nou kom die groot keuse watter een.
Ek en Wessie het gesit en praat oor `n heerlike bord kos en toe besluit ons op "6 Conley drive, Melba".  Die huis is ook lekker naby aan als. Wessie het vir nog n week langer se verblyf betaal in die woonstel. Die eienaar van die huis het nog in ons nuwe plekkie gebly. Ek moet se dit is lekker om in n skoon huis in te trek, ek moes altyd nog die plekke eers skoonmaak voordat ons kon intrek maar hier doen hulle dinge anders.
Die groot dag kom van trek na ons huis toe (JIPPEEEE!!!!) ons is nog op daai stadium kar loos. Wessie het vir ons n kar gehuur maar die mense van Mitsubishi se toe hulle sal vir ons n kar gee vir die naweek totdat ons kar se koop deur is. Ons het op ons rug geval!
Wessie pak daai kar so ekke dink nie eers die kar het geweet iemand kan hom so vol pak nie. My man kan enige iets in enige kar inkry en daar sal nog plekkie wees vir ons ook! MAGIC
Wessie ry bus omtrent elke dag, party keer moet hy maar roer want anders ry die bus vir hom weg. Hy werk so hard elke dag. Ek dink ons almal begin nou mooi in settle, ons vind ons voette. Hulle het Dinsdag ons nuwe suv kom aflaai by die huis. So mooi sky-blue Mitsubishi ASX . Aaai aaai wat n pragtige kar.
Ek en seun verken die omgewing, hier is oral fiets paaitjies en sprotsvelde en parkies en als is so mooi instand gehou. Ek stap en seun ry sy fiets, ekke sal ook seker een of ander dag my fiets kry dan kan ekke lekker ver gaan ry met seun agterna. Ons wil vir hom so trailer kry waarin hy sit wat agter aan die fiets vas is.
Die wereld hier is baie anders as in Suid-Afrika, mens se oe gaan dan werklik oop om te sien hoe dinge reg werk en behoorlik moet werk. Die mense hier is baie vriendelik. Ons het nog net 1 Suid-Afrikaner hier raak geloop.  Dit het sommer lekker gevoel om te hoor iemand groet jou in jou taal wil eintlik amper se mens het vir jou self gese wat hoor ekke nou reg??! Maar dit was n goeie verrassing gewees.
Die winkels hier is ook anders, seun vra gereeld hy wil pick n pay toe gaan maar dan se ons dit is tw ver net vir brood en melk. Hehehe. Ons koop nou ons kos by woolworths ja mense ons is nou lanie ek se!!  Maar troos julle self daarin dit is die selle as n pnp die gehalte van die kosse is net baie beter.  Jy moet ook jou eie sakkies bring want sakkies hier is baie duur.
Hier is ook 2 asblikke een met n geel deksel en een met n groen deksel. Die geel een is vir al die recycle goed en die groen een is vir die gewonde weggooi goed. Ons wat van Suid-Afrika af kom sal sulke dinge vining moet gewoond raak.

No comments:

Post a Comment