Die Begin van alles

My man het `n g** guur gehad in November 2011 en vir my gese dat teen Mei 2012 gaan ons in Australia wees. Ek het maar net gedink dit is een van daardie dinge van hom. Maar op 29 April 2012 was daar groot krokkedil trane by OR Tambo lughawe, want dit was nie meer net n g** guur nie maar die werklikheid want ons het SAA vlug 280 na Australia "ge-board" om die Avontuur na die onbekende Down Under te begin. My Blog wat hier volg is om ons adventures aan almal uit te bluik en sodat die familie en vriende in Suid-Afrika kan sien wast ons alles aanvang, want wanneer ons wakker en besig is met onse avonture Down Under is hulle almal in klasfakie land.

Tuesday 17 July 2012

Alles val nou mooi in plek

Ons het gaan kyk na 6 huise oor die verloop van die naweek. Ons het van 3 huise gehou en ons aansoekke is ingevul en verwerk. Ek het vir Wessie gese ekke sal opoffer op die huis solank daar meer speelplek is buite vir Jaen-pierre.
Alles het so vining gebeur, ons moet kar kry en huis kry en ons self ook nog vind in hierdie vreemde plek. Ons was baie gelukkig gewees soos die week langer word hoor ons net goeie nuus, ons is goedgekeur op al 3 wonings. Nou kom die groot keuse watter een.
Ek en Wessie het gesit en praat oor `n heerlike bord kos en toe besluit ons op "6 Conley drive, Melba".  Die huis is ook lekker naby aan als. Wessie het vir nog n week langer se verblyf betaal in die woonstel. Die eienaar van die huis het nog in ons nuwe plekkie gebly. Ek moet se dit is lekker om in n skoon huis in te trek, ek moes altyd nog die plekke eers skoonmaak voordat ons kon intrek maar hier doen hulle dinge anders.
Die groot dag kom van trek na ons huis toe (JIPPEEEE!!!!) ons is nog op daai stadium kar loos. Wessie het vir ons n kar gehuur maar die mense van Mitsubishi se toe hulle sal vir ons n kar gee vir die naweek totdat ons kar se koop deur is. Ons het op ons rug geval!
Wessie pak daai kar so ekke dink nie eers die kar het geweet iemand kan hom so vol pak nie. My man kan enige iets in enige kar inkry en daar sal nog plekkie wees vir ons ook! MAGIC
Wessie ry bus omtrent elke dag, party keer moet hy maar roer want anders ry die bus vir hom weg. Hy werk so hard elke dag. Ek dink ons almal begin nou mooi in settle, ons vind ons voette. Hulle het Dinsdag ons nuwe suv kom aflaai by die huis. So mooi sky-blue Mitsubishi ASX . Aaai aaai wat n pragtige kar.
Ek en seun verken die omgewing, hier is oral fiets paaitjies en sprotsvelde en parkies en als is so mooi instand gehou. Ek stap en seun ry sy fiets, ekke sal ook seker een of ander dag my fiets kry dan kan ekke lekker ver gaan ry met seun agterna. Ons wil vir hom so trailer kry waarin hy sit wat agter aan die fiets vas is.
Die wereld hier is baie anders as in Suid-Afrika, mens se oe gaan dan werklik oop om te sien hoe dinge reg werk en behoorlik moet werk. Die mense hier is baie vriendelik. Ons het nog net 1 Suid-Afrikaner hier raak geloop.  Dit het sommer lekker gevoel om te hoor iemand groet jou in jou taal wil eintlik amper se mens het vir jou self gese wat hoor ekke nou reg??! Maar dit was n goeie verrassing gewees.
Die winkels hier is ook anders, seun vra gereeld hy wil pick n pay toe gaan maar dan se ons dit is tw ver net vir brood en melk. Hehehe. Ons koop nou ons kos by woolworths ja mense ons is nou lanie ek se!!  Maar troos julle self daarin dit is die selle as n pnp die gehalte van die kosse is net baie beter.  Jy moet ook jou eie sakkies bring want sakkies hier is baie duur.
Hier is ook 2 asblikke een met n geel deksel en een met n groen deksel. Die geel een is vir al die recycle goed en die groen een is vir die gewonde weggooi goed. Ons wat van Suid-Afrika af kom sal sulke dinge vining moet gewoond raak.

Thursday 31 May 2012

Ons 1ste Week van verkenning in Australia

Na `n volle dag se vlug en transit wat ons by `n redelike koue Canberra aangekom het, het ons `n baie baie warm verwelkoming gekry van Unify se manager van Canberra - Brad. Hy het `n groot Honda Accent gehuur om ons na ons tydelike verblyf te vat, maar ons almal het nie gedink al die bagasie tesame met ons almal gaan pas nie. Andre het vinnig die kar bhoorlik gepak en dit was amper soos `n blik sardientjies gevoel toe ons van die lughawe weg gery het.

Die sienswaardighede op die rit was baie mooi gewees, maar gelukkig nie te lank nie. Soos die se ding is hier in Canberra "Everything is only 20 minutes away". By die woonstel aangekom was dit nogal `n ding om al die begasie die twee stelle trappe op te dra vanaf die garage gedeelte. Brad het ons gehelp en het net so swaar gedra.
Essential Stuff

Die woonstel was baie luuks en Brad het vir ons gesĂȘ hy het `n paar "Essential" goedjies vir ons gekoop. Andre het vir hom gevra wat ons hom skuld en hy het vir ons gese "No Worries". Ons het omtrent so teen 01:00 die volgende oggend in die bed geklim en Jaen-pierre kon sommer saam met ons slaap want dit was darm een groot bed.



Voetslaan
Jaen-pierre het die skaap gevang
Ons het die Dinsdag middag die eerste keer die bus gevat na die middestad toe, want ons moes ons bank sake uitsorteer. Toe ons klaar was by die bank het ons na die Mall toe gegaan. Canberra City Centre (Mall) is twee tot drie verdiepings wat fiesies oor 4 blokke strek. Dit was nogal intersant om al di verskillende winkels te sien, tot self `n Nando's van alle plekke. Ons het terug gestap na die woonstel toe, +/- 2.2km. So 2 blokke van die woonstel af toe se Jaen-pierre vir ons sy skoene steek hom, pappa moet my dra.


Wonder wie het die skaap gevang


Jaen-pierre in die "varkie"

 

Woensdag – en Andre moet gaan werk, ons is parkie toe of soos Jaen-pierre se “varkie” toe. Hy kon darem van sy energie ontslae raak.

Donderdag – Ek is nie lus om kos te maak nie ons loop so teen 18:00 na City Centre om iets te gaan kry om te eet. Ons eindig toe by Nando’s op en loop toe so 20:00 weer terug na die woonstel. So halfpad tussen die City Centre en die woonstel is daar a park wat `n hele blok breed is en 2km lank is, dit is nogal redelik donker so laat in die aand en Andre se vir my dat my ma die pieps sou kry as sy geweet het ons stap so laat deur so `n donker park.

Omtrent weer op dieselfde plek as Dinsdag laat Jaen-pierre weer een van sy kostigbare se goed uit. “My papperye is pap, papa moet my dra sodat dit kan charge” So daar lig Andre weer vir Jaen-pierre op sy nek en ons loop toe weer verder.
Die naweek is om die draai en ons gaan House Hunting, ons het na `n total van 6 huise gaan kyk en op drie van hulle stel ons belang, hopenlik sal ons `n huis kry.

Die Gypsey's

Sondag het ons in die little green machine van Budget ingeklim en hier kom ons Batemans Bay – sowat 150km van ons af. So halfpad het ons by `n rus plek gestop, want die manne moet en watse mooi caravan sien ons dan nie “moet net nie laat die Gypsey in die familie dit sien nie”. Ons is verby Pooh’s cave en af in die pas, ek het alweer die eerste Kangeroo en die see gesien, maar Andre se mos dit is `n “Mirage” wat ek gesien het. Ek dink die lang vlug het sy brein bietjie aangepak hy sal nog reg kom gee hom net tyd. Twee ure later is ons by die see dit is heerlik, mooi en skoon. Ons kry so


Batemans bay

Lekker vis & chips

`n klein take-away cafĂ© en kry sommer vis, chips en calamri. Jaen-pierre het mos agter gekom calamari is lekker so nou eet hy al sy pa sin op.


 




Wind Farms in die rigting van Sydney

Op pad terug huis toe sien ons die massive “Wind Farms" op die berge in die rigting van Sydney. Ons stop by die garage en Andre moet sy lyf petroljoggie hou en self petrol ingooi. Terug in Canberra en ons is kapoet na so lekker dag en eerste week in Australia.




Groete vir eers vir al die vriende en familie terug in Suid-afrika.

 

Wednesday 16 May 2012

Ons Vlug na Down Under

Jaen-pierre in die Lounge
Nadat R241/kg x 9kg = R2169 excess baggage moes betaal (maar dit was veronderstel gewees om $10/kg te wees) en groot krokkidil trane gevloei het waar ons almal gegroet het.

Ons was baie gelukkig dat ons `n rus tyd in die Bidvest Premier lounge kon deur bring, waar Jaen-pierre sy stories kon kyk en ons `n doppie kon drink om die nerves te kalmeer.




Jaen-pierre kyk sy stories op die "airie"
Jaen-pierre was `n engel op die vlug en na `n baie lang vlug vanaf Johannesburg na Perth het ons veilig op Perth geland. Ons het so 22:00 in S.A vertrek en 13:30 geland in Perth ons het weer so 16:30 vertrek vanaf Perth en weer 22:00 geland in Canberra geland, so tegnies was ons 24 uur in transport.

All die kangoroo "airies"









Let wel mense, ek het eerste Australia gesien want Andre se mos hy sien mos alles eerste.

Die vlug was heel aangenaam gewees, mense was vriendelik en baie behulpsaam.  Kyk die trane het wild gevloei so nou en dan op die "airie" maar dit is als vir 'n beter of 'n groter doel in die lewe.  

Pa en seun wag om die plane te bord na Canberra
  Die landing in Perth was sommer heel lekker gewees, na die lang vlug.

Die dinge het vinnig deur customs gegaan. Ons wou nog oe knip toe is dit verby. Maak net die mond oop en se wat jy als saambring!! Natuurlik het die sjarmante Jaen-pierre dit vir ons vergemaklik deurdat hy die Customs tannie charm en haar dag maak om vir haar `n soentjie (of was dit nou `n SOEN) en `n drukkie te gee.
Dit het soos TV (Aussie Border control) gevoel by die Perth Domestic departures want hulle het Andre ondersoek vir springstof, gelukkig voor my en net met `n toestel.

 
 

Perth uit die lug

Onse HEMELSE VADER sou dit nie oor ons pad gesit het as dit nie so moes gewees  het nie. Ons dank die VADER elke dag dat hy ons so geseen het.


Kyk net hoe mooi
 


Die views uit die plane by Perth was wonderlik.