Die Begin van alles

My man het `n g** guur gehad in November 2011 en vir my gese dat teen Mei 2012 gaan ons in Australia wees. Ek het maar net gedink dit is een van daardie dinge van hom. Maar op 29 April 2012 was daar groot krokkedil trane by OR Tambo lughawe, want dit was nie meer net n g** guur nie maar die werklikheid want ons het SAA vlug 280 na Australia "ge-board" om die Avontuur na die onbekende Down Under te begin. My Blog wat hier volg is om ons adventures aan almal uit te bluik en sodat die familie en vriende in Suid-Afrika kan sien wast ons alles aanvang, want wanneer ons wakker en besig is met onse avonture Down Under is hulle almal in klasfakie land.

Wednesday 29 May 2013



Goeie more al die mooi mense. Ons ry saterdag oggend na jindabine toe dit is waar die sneeu is. Ons is so geseend, ons gaan saam met 2 van ons goeie vriende. Clara en haar gesin en  Ame en haar gesin.
 
ooooooo die kinders gaan lekker pret he in die sneeu. Jaen-Pierrre, Jayden,Evan,Annika en baba Zelda sien baie kinders.
 
Ek en Clara wil vandag na Tiny's se green shed toe gaan ons is opsoek vir n tabbogan hoop ek spel dit reg wel dit is n bord waarmee mens op die sneeu mee afglei. Seun sien so uit na die sneeu, sal hom maar reg moet dr voor die naweek.
 
Vandag gaan seun weer skool toe so dit gee my kaans om al die klere reg te kry vir die naweek. Ons sal die fotos opsit van die naweek, ons moet defnitief n groot sneeuman bou en pappa gooi met n lekker sneeubal.

Thursday 16 May 2013

 
Canberra Embassy
 



                                               Aboriginal Embassy




 
 
Hulle plak voor die embassy op die grasperk met hulle tente en karavane. Hulle kry houd vir hulle vure en daar word eintlik mooi na hulle gekyk.  

 
 
 
 

 
 
 
                                                                   WINTER
 
Mense die eerste sneeu het geval 14 de mei, dit is heerlike koud hoe Clara "crispy" . Hier buite is sulke dik grys wolk wat swaar hang met reen.
 
Ons is soos eskimos aangetrek mens sien net die oe wat uitsteek. Ek wil vir seun gaan snowboots koop by aldi sodra hulle om die rakke is. My ouma Bets het die 16 de verjaar, ek dink hulle gaan lekker kuier met al die ooms en tannies. Ons sal maar vleis braai aan die kant van die waters.
 
 
Wessie moet leer die naweek hy skryf dinsdag toets, ekstra dinge met die computer goed saam. Ons is ook besig met ons permanente residensie aansoek. Hoop alles gaan mooi verloop. Ons moet nog gaan vir vingerafdrukke by die (poliekies ) poliesie stasie. En ons moet gaan vir n engelse toets sodat hulle kan hoor of ons kan engels praat.
 
Sodra ons na die snowies toe gaan sal ons fotos posit. Hoop julle het almal n wonderlike daggie. 


Wednesday 15 May 2013

 
 
 
 
 
MELBOURNE
 
 
Oppad na Melbourne toe is daar n diepsee duikboot en ek die brightspark vra toe so heel onskuldug haai ek wonder hoe het hulle die duikboot hier gekry??  Maar ek  dink toe heeltemal te ingewikkeld !! Sal my man vir my se "sien jy daai sloot daar voor die duikboot mens noem dit n kannaal" vang hy my weer vir n vuile. Ek was net te bly om n halwe duikboot te kan sien. Bars hy my babble,lag so lekker die trane loop om my onkoste. Is reg ek sal hom nog kry.
 











 
 
 
Melbourne was n lekker plek gewees om te gaan besoek. Ons het in n dorp met die naam Geelong gaan bly vir die week. Ons het die spoedtrein gevan na Melbourne toe vir die dag. Daar is trams en busse en treine. Ons was Luna park toe gewees.
 




Ons soen die venster van die trein en toe het mamma die foto geneem die man kry nou baie skaam.

 
 Melbourne trein stasie
 
 









 
 
 
Ons is nou moeg geploeg na n lang dag se gerond rits.
 

 



                   


                                      Maaitjies

Ek het n paar goeie maaitjies gemaak in die kort tyd wat ons hier is. Ek dank die HERE elke dag vir hulle. Ek en seun was vandag weer by Clara gewees sy het 3 kindertjies een seuntjie sy naam is evan hy is amper 3. Seun en evan is goeie maats vet pelle. N dogterjie Annika sy is 5 en Zelda is 18 maande.

Sy is ook Afrikaans so ons kan lekker kuier en skinder van al die dinge wat ons pla so lekker in ons eie taal. Maandae is daar speelgroeppie by Melba shops so ons kap n ding vlou elke maandag, die speelgroep is vir die mammas en die pappas om met groot mense te praat die kinders moet speel en baljaar.









Ek het nog n maaitjie haar naam is Dallas Cronwrite sy is n trotse moeder van n 3ling. Die dae wat ek dink ek gaan mal raak met Jaen-pierre  dink ek net aan haar en dan besef ekke ek het niks om oor te kla nie.

Ons 2 is goeie fietsry maaitjies, party dae ry ons so 25 km op die fietse. Ons verken die dorp om elke hoek en draai. Sy het my nou die dag deur 2 natuur reservate gevat en alles was opdraande !!! oe ee madam het ekke naderhand vir haar gese.

Ons het al ons eerste fiets wetren saam gedoen, 20 km ver om lake burlay griffen. Hoop maar die spelling is reg mense. Hier is n paar snaakse name van plekke mens moet maar mooi luister na die uitspraak voor mens dit self reg kry.







Dit is nou Jordan is die spiderman, Luke is bateman en Roxane is die prinsessie. Ons geniet die Vryheid om in die parke te kan rondry sonder om te warrie wie gaan ons nou aanval. Mense is vriendelik en bedagsaam teenoor mekaar.

Ek mis my ouers elke dag en ek mis vir Esta ook elke dag maar die lewe gaan aan die son skyn more net so hard soos vandag. My man en my kind het my lief so eke is n baie gelukkige mens hier waar ek is.

Ek sal harder prober om die blog om datum te hou vir julle.














                                             HOBART

My wonderlike man het ons Hobart toe gevat vir n vakansie dit is in Tazmania is n gedeelte van Australia. Ons was daar vir amper n week saam met wonderlike vriende.

Ons vriende wat in Perth bly Ida en Jacques swannepoel het vir ons by die lughawe gewag. Ons het makaar seker n jaar laas gesien. Ons het alles gaan besigtig wat mooi is in Hobart. Baie museums gaan besoek, lekker vis en chips geeet.

Die kuier was net te kort gewees. Ons was op met mount wellington die wind het 130 kmph gewaai dit was baie snaaks om die mense skuins te sien loop na hulle karre toe. Ek en wes het die wind aangepak arm om arm na die uitkyk punt toe geloop. Wes het n paar pragtige fotos geneem, mens kon die hele Hobart en die eilande mooi sien.








                                                          EEN JAAR HERDENKING

sjoe mense ons is al een jaar hier in Australia, so baie dinge het al in die een jaar gebeur dis net nie snaaks nie.

Ons was 6 maande hier in oz toe is die verlange te groot !!Wessie het vir my en seun op die vliegtuig terug Suid-Afrika toe gesit. Moet se my senuwees was op, ons was op die vliegtuig van Canberra-Sydney-Suid-afrika toe gewees. Seun was die hele pad so soet hy was eintlik my super held gewees.

Ek moet se om te weet mens se ouers wag vir mens by die lughawe is nogals lekker!! Daai lekker stuiwe druk en vet soen wat ons gekry het was die lekkerste gewees. Oupa pierre en Ouma elsabe het vir seun lekker bederf om elke hoek en draai.

Ons was van die 21 nov 2012 tot 4 feb 2013 by my ouers op die plaas gewees, wes het eer 20 des 2012 oorgekom suid-afrika toe. Ons het heerlik by al die famielie gekuier. Ek dink ons het vir 5 aande agter mekaar gebraai .

Ons wil weereens net baie dankie se vir my wonderlike niggie Olivia en vir swarrie baie dankie dat julle julle huis vir ons oopgemaak het. Ons het lekker gekuier sal graag weer wil kom kuier.

Wessie se 3 weke kuier in Suid-Afrika was soos n warrelwind gewees, ons was van polokwane na die kaap alles in een dag. ons het by salome gaan kuier dit is nou wes se sissie onder in die kaap.

Pappa moes ongelukkig weer vroeg huis toe kom seun was glad nie n happy chappy nie!! Ek en hy het vir my ouma bets ook gaan kuier vir n langnaweek moet se dit het amper gevoel soos toe ek kind was.


Die oorspronklike beplanning was om te bly tot na ouma elsabe se verjaarsdag maar die verlange na my gorgeous was weereens te groot en seun het elke aand gehuil vir sy papa, so wat moes eke doen??   Ek bel toe vir wes en vra hy moet ons vlugte terug huis toe vroer maak.


Ouma en oupa het dit heeltemal verstaan en ek is dankbaar daarvoor. ons is toe op die eerste vlugte terug na Australia toe. ek wou huis toe!! en my huis is waar my hart is . Dit was weer baai se tyd en dit was maar baie moeilik gewees, die trane wat so onder die oe sit moes ek maar goed wegsteek sodat ek my kop kan bymekaar hou.

Daar was nie diekeer n wessie waaraan ekke kon vashou nie ek moes self al die lughekke soek so ekke moes sterk wees. Wessie het vir my en seun by die lughawe gewag met die grootste glimlag wat mens ooit kan aan dink.


Seun het aan sy pappa se arms geklou soos .... aan n wol kombers. trane in die oe maar ons almal was so baie bly on mekaar te sien. Ons kuier was weerlik en ek sal weer kom kuier.


Ons sal maar van Skype moet gebruik maak om ons famielie en friende te sien.